Noord-Carolina

Deelstaat Noord-Carolina
alt alt
Vlag van Noord-Carolina Seël
Bynaam(e): Tar Heel State, Old North State
alt
Kaart van die Verenigde State met Noord-Carolina uitgelig
Amptelike taal(e) Engels
Gesproke taal(e) Engels en Spaans
Hoofstad Raleigh
Grootste stad Charlotte
Area  28ste in die V.S.
 - Totaal 139 509 km2
 - Wydte 340 km
 - Lengte 900 km
 - Water 13 222 km2
 - % water 9,5 %
 - Breedtegraad 33° 50′ N tot 36° 35′ N
 - Lengtegraad 75° 28′ W tot 84° 19′ W
Bevolking  10de in die V.S.
 - Totaal 9 585 483
 - Digtheid 68,71/km2
17de in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Mount Mitchell
2 038 m
 - Gemiddeld 215 m
 - Laagste punt Atlantiese Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie  21 November 1789 (12de)
Goewerneur Roy Cooper (D)
Luitenant-Goewerneur Dan Forest (R)
Wetgewer Noord-Carolina Algemene Vergadering
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Richard Burr (R)
Thom Tillis (R)
Tydsone UTC -5 / Somertyd -4
Afkortings NC US-NC
Webblad www.nc.gov

Noord-Carolina (Engels: State of North Carolina) is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Dit was een van die oorspronklike dertien deelstate. Die hoofstad is Raleigh en die grootste stad is Charlotte.

Uitsig oor die Pisgah National Forest, geleë in die weste van die deelstaat
Sononder oor Grandfather Mountain in die gelyknamige staatspark. Staptoeriste en bergklimmers moet hier staal vir die mees uitdagende weerstoestande in die Amerikaanse Suide. Op die bergpiek is al windsnelhede van byna 200 myl (320 km) per uur gemeet: 196 myl per uur op 18 April 1997[1]

Noord-Carolina het 'n bevolking van 10,5 miljoen en 'n oppervlakte van 139 509 vierkante kilometer. Noord-Carolina word in die noorde deur Virginië, in die suide deur Suid-Carolina en Georgia en in die weste deur Tennessee begrens. In die ooste lê die Atlantiese Oseaan. Noord-Carolina is die deelstaat met die grootste inheemse bevolking oos van die Mississippirivier.

Noord-Carolina se byname is Tar Heel State en Old North State. Die staat het oorspronklik bekend gestaan vir sy houtprodukte soos terpentyn en teer (wat uit die hars van dennebome gedistilleer is), maar die groot bosse het in die 19de eeu in groot dele van Noord-Carolina verdwyn om plek te maak vir tabak en katoen. Vandag is Noord-Carolina die Verenigde State se belangrikste produsent van soetpatatte. Ook wingerde word orals in die deelstaat aangetref. Die verskeidenheid kultivars, wat in Noord-Carolina verbou word, is ongeëwenaar op aarde, maar dit is veral die inheemse muscadine-kultivar wat met die Amerikaanse Suide verbind word.

Noord-Carolina was die bakermat van die Verenigde State as Engelssprekende samelewing. Die eerste Engelse verkenners, wat deur Sir Walter Raleigh in opdrag van Koningin Elizabeth I na die Nuwe Wêreld uitgestuur is, het op Bodie Island,[2] waar hulle voet aan wal gesit het, 'n oordaad van druiwe aangetref. Die oudste wingerdstok op Roanoke-eiland, die sogenaamde Mother Vine, se rankplante is deur latere setlaars geplant en tot 'n twintigtal verskillende soorte rooi- en witwyn ontwikkel.[3][4]

Met sy oorspronklik onverbiddelike landskappe van digte bosse, berge sonder bevaarbare waterweë en 'n kuslyn sonder natuurlike hawens was Noord-Carolina een van die moeilikste terreine vir die stigting van 'n Europese kolonie in die Nuwe Wêreld. Nogtans het die eerste Engelse nedersetting in die sestiende eeu op Roanoke-eiland ontstaan. Op 18 Augustus 1587 is Virginia Dare as eerste Engelse kind op Amerikaanse bodem in die Roanoke-kolonie op die gelyknamige eiland langs die kus van die huidige Noord-Carolina gebore. Sy het saam met die ander setlaars, wat almal uit Plymouth in Engeland afkomstig was, spoorloos verdwyn.

  1. Karen J. Hall and the Friends of the Blue Ridge Parkway: Postcard History Series – The Blue Ridge Parkway. Charleston SC • Chicago IL • Portsmouth NH • San Francisco CA: Arcadia Publishing 2005, bl. 44
  2. Uitgespreek soos body
  3. Visit North Carolina. The Mother Vine. Besoek op 18 Junie 2020
  4. North Carolina History Project: Mother Vine. Besoek op 18 Junie 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search